LIMPOPO. – ‘n Ford Ranger, Audi Q7 en Mercedes Benz Actros-vragmotor wat vermoedelik gesteel is, is Dinsdag deur die polisie by Beitbrug-grenspos op Musina teruggevind voordat dit die land kon verlaat.
Volgens kol. Malesela Ledwaba is vier verdagtes tussen 29 en 64 jaar, wat glo die voertuie na Zimbabwe wou smokkel, by ‘n voertuigbeheerpunt in hegtenis geneem.
Die voertuie se VIN-nommers is verander en die verdagtes het glo bedrieglike dokumente in hulle besit gehad.
Voorlopige ondersoek dui aan die voertuie is in Gauteng as gesteel aangemeld.
Die vier verdagtes, twee Suid-Afrikaners en twee buitelandse burgers, sal vandag op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde motorvoertuie in die Musina-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



