Strafbare manslag na busongeluk ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat sewe meisies van Hoërskool Riebeeckstad, tussen die ouderdom van 13 en 14 jaar oud, gister in ‘n bus-ongeluk op die R70 gesterf het.

Brig. Motantsi Makhele sê 48 gr. 8-leerders, ses gr. 12-leerders en twee onderwysers, waarvan een die bus bestuur het, was ten tyde van die ongeluk in die bus. Vier meisies is kritiek beseer en nog agt het ernstige beserings opgedoen.

Die bus was van ‘n kamp buite Rosendal onderweg na Welkom toe die ongeluk omtrent 25 km van Senekal in die rigting van Ventersburg gebeur het.

Alhoewel Senekal-polisie ‘n strafbare manslagsaak ondersoek, is dit volgens Makhele nog te vroeg om enigiemand verantwoordelik te hou totdat die ondersoek se uitslag so bewys.

Die name van die oorledenes kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien hulle naasbestaandes nog in die proses is om hulle liggame uit te ken.

Lt.genl. Motswenyane het haar medelye teenoor familielede, vriende en onderwysers uitgespreek.

“It is with heavy hearts that we extend our deepest condolences to the families during this difficult time. We appeal to our communities to be sensitive about the details pertaining to this accident and avoid communicating unconfirmed information which might cause unnecessary confusion to the families which are already going through very difficult times.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.