Lees ook: Peiling wys EFF kan amptelike opposisie word
GAZA. – Hamas het ’n drie-fase-skietstilstand oor 135 dae voorgestel. Hulle voorstel is ’n drie-fase-skietstilstand met elke fase wat 45 dae sal duur.
Hamas se voorstel is om al die vrouens, mans onder 19, bejaardes en siek mense vry te stel in die eerste fase in ruil vir die Palestynse vrouens en kinders wat in Israel aangehou word.
Die res van die manlike gyselaars sal in die tweede fase vrygestel word. In die derde fase sal die liggame en oorskot geruil word. Hamas sê hulle verwag albei kante sal teen die einde van die derde fase ’n ooreenkoms bereik het om die oorlog te beëindig.
Hulle wil hê hulp moet toegelaat word in Gaza, die vlugtelinge moet gehelp word om terug te keer en Israel moet hulle nie weerhou om deur die Rafah-deurgang te beweeg nie.
Bronne: The Jerusalem Post, BBC, Reuters



