Sakevrou in haar winkel doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Leni Hamilton, die eienaar van Hikers Paradise in Centurion, is Dinsdagaand omstreeks 19:34 in haar winkel doodgeskiet.

Na bewering is sy koelbloedig deur gewapende verdagtes doodgeskiet.

André du Bruyn het op die AfriForum Centurion Facebook-blad gesê die polisie was op die toneel en die saak word verder ondersoek.

Lt.kol. Mavela Masondo het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Masondo sê volgens rapportering was die oorledene en ‘n assistent in die winkel toe twee mans en ‘n vrou glo die winkel binnegegaan het. Die verdagtes het glo ‘n geraas gemaak, waarop die oorledene hulle wou stilmaak. Een van die verdagtes het haar toe na bewering geskiet en sy is op die toneel dood verklaar.

“Investigation and search for the suspect is underway.”

Hikers Paradise het op sosiale media aangekondig alle beplande gebeure word gekanselleer en die winkel sal gesluit wees. Boodskappe van medelye en skok het na die aankondiging gevolg.

Dipak Bastakoti het in ‘n sosialemediaplasing skok oor haar dood uitgespreek.

“I am saddened and shocked with a friend Leni Hamilton‘s cold blooded murder at her shop Hikers Paradise, by gunmen in Pretoria, SA.

“Lost a good adventure friend, and lover of Nepal Himalayas with whom I have worked for 12 years now.

“She did not deserve such a fate, as she loves people, always smile, and kind in many ways.

Rest in Eternal Peace Leni.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.