Man van beweerde ‘offerritueel’ gered

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – ’n Man (25) is na bewering Donderdagaand in Waterloo van ’n menslike offerritueel gered.

Die man het ’n boodskap na ’n lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) gestuur waarin hy genoem het sy lewe is in gevaar. Volgens die man het hy die polisie gebel, maar niemand het opgedaag nie. Hy wou glo hulp hê omdat die tradisionele geneser by wie hy gebly het, rituele uitgevoer het. Volgens hom het hy inligting ontvang dat hy as menslike offer gebruik sou word.

Volgens berigte was hy op besoek in Durban. Hy het beamptes ingelig dat hy saam met ’n man gewerk het en hom gewys het hoe om met Forex handel te dryf.

Terwyl hulle besig was, het ’n leerling- tradisionele geneser hom genooi om ander tradisionele genesers te  besoek met die belofte dat hy oor ’n kort tydperk vinnig ryk sal word. Hy is glo na verskillende genesers geneem waar verskeie rituele uitgevoer is.

Die man het na bewering vir sy lewe begin vrees nadat ’n ander man hom ingelig het oor die leerling- tradisionele-geneser se voorneme om hom as “menslike offer” te gebruik.

Na bewering was die beampte van Rusa se nommer op die “slagoffer” se foon omdat hy hom ’n paar jaar vantevore oor werk by die maatskappy gekontak het.

Reaksielede het hom veilig uit die woonstel waar hy was, vergesel. Hy is na die Verulam-SAPD geneem, maar hy wou nie klagtes aanhangig maak nie.

Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook