Lees ook: Alec Baldwin weer aangekla van manslag na skietdood op filmstel
SPRINGBOK. – Drie mans is Woensdag in hegtenis geneem vir ’n gewapende roof op die N7 naby Springbok.
’n Trokdrywer en sy twee kollegas het geld by plaaslike besighede gaan haal. Hulle het op die N7 gery toe die trok glo deur drie mans in weerkaatsbaadjies voorgekeer is.
Een het na bewering die verkeer reguleer terwyl die ander twee langs die pad gestaan het. Die twee wat langs die pad was, het balaklawas opgehad en die trok genader. Hulle het glo almal beveel om uit die trok te klim en hulle met ’n vuurwapen gedwing om agterin te klim.
Die slagoffers is gesê om hulle fone te oorhandig, maar die drywer kon een van syne wegsteek. Hulle het gehoor hoe die verdagtes in ’n ander kar wegry.
Die verdagtes het glo ’n onbekende hoeveelheid geld gesteel en is in hegtenis geneem na die drywer sy baas kon bel. Sy baas het weer die polisie gebel.
Bronne: SAPD
Lees ook: Alec Baldwin weer aangekla van manslag na skietdood op filmstel



