VSA keur glo plan goed om Iranse teikens in Sirië en Irak aan te val

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis

VSA. – Die VSA het glo planne om Iranse teikens in Sirië en Irak aan te val goedgekeur. Owerhede het aan die BBC gesê die aanvalle sal oor verskeie dae uitgevoer word afhangende van die weer.

Dit volg na ’n hommeltuigaanval die dood van drie Amerikaanse soldate in Jordanië veroorsaak het. Die Islamic Résistance in Irak het verantwoordelikheid vir die aanval geneem.

Iran het ontken dat hulle by die aanval betrokke was. Die VSA het gesê hulle glo die hommeltuig wat in die aanval gebruik is, is soortgelyk aan dié wat Iran aan Rusland gestuur het.

Dit is onbekend wanneer die beplande aanvalle sal plaasvind.

Bronne: BBC, CBS News, The Star

Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis