Donald Trump saak teen VK-maatskappy van rol geskrap

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie sê hulle vorder met AKA-moordondersoek

VSA. – Donald Trump se saak teen ’n VK-maatskappy oor die oortreding van databeskerming is van die rol geskrap.

Trump het die maatskappy gedagvaar oor ’n dossier van 2016 wat beweerhet Trump word deur Russiese regeringsbeamptes beïnvloed. Daar is ook in die dossier gesê Trump was deel van “sekspartytjies” in St Petersburg en “golden showers” op ’n hotelbed waarin Barack Obama voorheen geslaap het.

Die regter in die saak, Karen Steyn, het gesê die saak kan nie voortgaan nie, want Trump het te lank gewag om aksie te neem. Hy het ook nie kommentaar gelewer oor die geloofwaardigheid van die dossier nie.

Bronne: Daily Mail, Euronews, The Guardian

Lees ook: Polisie sê hulle vorder met AKA-moordondersoek