TUINROETE. – ‘n Vragmotor het Dinsdag omstreeks 07:00 in ‘n huis in Plumbagostraat op Wolwedans, Grootbrakrivier ingeploeg.
Volgens sers. Christopher Spies dui voorlopige verslae daarop die vragmotor is teen ‘n afdraande af en het in die huis vasgery. Twee vroulike inwoners, onderskeidelik 20 en 43 jaar oud, is vir beserings behandel.
Grootbrakrivier-polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.
Mosselbay Advertiser berig volgens sers. Pippie Botha het die bestuurder glo in Wolwedansweg probleme met die vragmotor ondervind, waarna hy in die huis vasgery het. Buiten die twee vroue is ‘n jong kind in die huis ook lig beseer. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
Bronne: SAPD en Mosselbay Advertiser
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



