WES-KAAP. – Firdous Kleinsmidt (12) in gr. 7 by Laerskool Ieglaasi Nieyah in Beacon Valley, is Dinsdagoggend deur ‘n dwaalkoeël tydens beweerde bendegeweld doodgeskiet.
Volgens Women For Change was Kleinsmidt onderweg huis toe toe ‘n bendeverwante skietery in die area uitgebreek het. Sy is getref toe sy by haar vervoer aankom en is op die toneel dood verklaar.
Die skool het verrigtinge vir die week opgeskort.
‘n Verdagte (27) is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
WES-KAAP. – ‘n Leerder (12) by Laerskool Ieglaasi Nieyah is Dinsdagoggend omstreeks 11:20 in Khayalamistraat in Beacon Valley in Mitchells Plein tydens ‘n skietvoorval tussen beweerde mededingende bendes by ‘n skool doodgeskiet.
Volgens AO Joseph Swartbooi het ‘n dwaalkoeël die meisie noodlottig getref. Sy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog op vrye voet.
Enigiemand met inligting van die jong meisie se skietdood word versoek om die teen-bende-eenheid se speur.sers. Bradley Schuurman by 071 673 3841 te bel.
Die Stad Kaapstad sê in ‘n verklaring LEAP-beamptes is in die betrokke area ontplooi en het die SAPD versoek om sigbaar in die gemeenskap te wees.

Bronne: Women For Change, SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



