Altesaam twintig skoolkinders vanoggend in ongelukke beseer

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Altesaam twintig skoolkinders wat met skoolvervoer in minibustaxi’s vervoer is, is vanoggend net na 07:00 in twee aparte ongelukke in Durban en Pietermaritzburg beseer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die een minibustaxi het onverklaarbaar in Maysorestraat in Northdale beheer verloor en teen ‘n boom gebots. Tien skoolkinders onder die ouderdom van 10 jaar is matig tot kritiek beseer. Die kinders is op die toneel gestabiliseer en toe vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal in Pietermaritzburg vervoer.

In Wigginsstraat in Cato Manor was nog 10 kinders in ‘n ongeluk betrokke. Hierdie kinders is ook op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese hulp na nabygeleë Durban-hospitale vervoer is.

Tydens nog ‘n insident wat vanoggend plaasgevind het, was 10 motorvoertuie op die N3 in die rigting van Durban oorkant die Pavillion in Westville in ‘n ongeluk betrokke. Een persoon wat beseer is, is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.

“At this stage the events leading up to the multiple accidents are unknown, however SAPS were on the scenes and will be investigating further.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.