GAUTENG. – ‘n Liefdadigheidsfunksie om skoolskoene aan skoolleerders in en om Lehae te kan versprei het vroeër vandag in ‘n bloedbad geëindig. In’n skietvoorval tydens die funksie wat in Zakariyyah Park-gemeenskapsaal gehou was, is twee persone dood en een gewond.
Steve Mabona van Gauteng-onderwysdepartement het die voorval bevestig. Ongeveer 75 leerders van Laerskool Lehae, Laerskool Olifantsvlei, Tegniese Skool Moses Marne Missions en Openbare Skool Elethu Themba was teenwoordig.
Volgens Mabona is die liefdadigheidsfunksie deur die raadslid en Rand Water gehou.
Na bewering het onbekende gewapende verdagtes lukraak geskiet en drie persone by die funksie, wat die raadslid insluit, getref. Mabona sê twee persone is op die toneel dood verklaar.
“Gelukkig is geen leerder of personeel beseer nie; ten spyte daarvan het hulle die hele insident aanskou.”
Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, sê: “We have dispatched psychosocial support to all affected schools to provide necessary trauma counselling. We convey our condolences to families of the deceased and wish the ward councillor a speedy recovery.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



