In die gewilde tweede reeks van die liefdesoek-program Op my eish! wat Donderdae om 20:00 op kykNet uitgesaai word, het Brendan Peyper aan die einde van die derde episode twee vroue huis toe gestuur.
Kykers is al vanaf die eerste episode op die voorpunte van hulle sitkamerbanke om onverwagte oomblikke soos dié te beleef.
Nadia Olivier en Jané Bacher was albei opgewonde om alleentyd saam met Peyper te hê, min wetende dat hulle kort daarna afskeid sou moes neem. Jané het dit duidelik gemaak dat sy dink dat hy die verkeerde keuse gemaak het. Nadia was meer as ooit oortuig dat sy reg is om haarself vir liefde oop te stel.
Volgens Peyper het hy vir Nadia en Jané gegroet omdat hy gevoel het daar nie ’n “konneksie” tussen hom en hulle is nie.
Tydens die episode het Peyper en die ses vroue tyd op Clarens deurgebring. Die eerste soen van die seisoen het ook tussen hom en Janae Stander plaasgevind. Kykers sal tot volgende Donderdag moet wag om te sien wie volgende op ’n alleenafspraak saam met Peyper gaan.
Bronne: kykNet, Terloops, Facebook



