PAARL, WES-KAAP. – ‘n Hond is gister bewusteloos en oorverhit in ‘n huis langs ‘n brandende huis in Keerwederstraat in die Paarl, aangetref. Die troeteldier kon gered word nadat die brand by die aangrensende huis, wat in ligte laaie was, geblus is.
Volgens Drakenstein Farm Watch het private brandbestryders vinnig reageer toe ‘n oproep van die brand om 12:02 ontvang is.
Die brand kon binne minute geblus word, waarna die inwoners in die gebied die hond in die buurhuis onthou het. Rook van die brandende huis het na die huis langsaan getrek. Toegang is deur ‘n geslote deur verkry en die hond is bewusteloos en oorverhit op die grond gevind.
Die hond is afgekoel en het daarna suurstof ontvang totdat dit weer bewussyn herwin en reageer het.
Die oorsaak van die brand is onbekend, maar volgens DFW kon die oorsaak moontlik ‘n kortsluiting in die elektriese stelsel wees.
DFW het hulle dankbaarheid uitgespreek dat die hond gered kon word.
“The DFW is a nonprofit entity and a public benefit organisation, privately funded and set up to assist its members and the community with Fire and emergency medical services. We asked the local authorities to make emergency funding available, as mostly the DFW assists them and takes part of the heavy workload, but so far, no help or remuneration is offered.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



