Baba se ruggraat nie na behore ontwikkel nie

Deel hierdie storie / Share this story

Nikita Beverley Burger (1) is op 20 November 2022 twee weke te vroeg gebore. Die babadogter, wat met geboorte 2,5 kg geweeg het, se ruggraat het volgens ma Christelle nie na behore ontwikkel nie. Dit veroorsaak daagliks ongemak waarvoor Nikita dringende mediese hulp nodig het.

“Wanneer Nikita lank sit, is sy ongemaklik van ‘n los been wat drukking toepas.”

Die volgende stap om die kleinding se probleem te help uitsorteer, is ‘n MRI-skandering vir haar lumbale ruggraat. Haar pediater is bekommerd oor die moontlikheid van spina bifida.

“Ons wil net hê sy moet sonder pyn lewe.”

Christelle sê hulle is ingelig sy sal heel moontlik sukkel om te sit, loop en kruip. Die kleinding het ook ‘n kuiltjie (dimple) wat skoon gehou moet word om infeksie te vermy. Sy drink ook elke dag ‘n probiotiese middel as gevolg van erge refluks en om haar gesondheid te ondersteun.

Peperduur kostes vir pediatriese ondersoeke het veroorsaak dat Nikita vir die afgelope vier maande nie haar dokter kon besoek nie, aangesien sy nie lid van ‘n mediese fonds is nie.

Met haar tweede laaste besoek moes hulle hoor daar is ‘n been wat los in haar rug groei en omdat dit aanhou groei, maak dit haar seer wanneer sy byvoorbeeld sit.

Die baba, wat andersins vriendelik is, word volgens Christelle opgetel wanneer sy ongemak verduur, maar hulle kan dit ook nie lank doen nie, aangesien haar lyfie vinnig seer raak.

“Vir eers is die MRI-skandering, wat op die goedkoopste ongeveer R17 000 kos, baie belangrik sodat dokters kan sien wat in haar ruggie aangaan en dan sal daar op ‘n volgende stap van behandeling besluit kan word.”

Christelle sê Nikita met haar glimlag inspireer haar omdat sy op haar unieke manier perfek deur God geskape is.

https://www.backabuddy.co.za/nikita-beverley-burger-5777865229312578596

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel