Plaaswerkers vir ‘veediefstal’ vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 50 jaar, van wie twee plaaswerkers is, is Vrydagmiddag vir beweerde veediefstal op Kuruman in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Sergio Kock het lede van die eenheid vir veedieftal en bedreigde spesies inligting van gesteelde beeste opgevolg en die drie verdagtes met ses vermoedelik gesteelde Bonsmara-beeste gevind.

Twee van die beweerde verdagtes is werknemers van die plaas waar die beeste glo gesteel is.

Die trio is vasgetrek waar hulle die beeste wat ongeveer R45 000 werd is na bewering op ‘n plaas wou verkoop.

Die beeste is positief deur die eienaar uitgeken en die polisie het dit aan hom teruggegee.

Nadat hulle aangekla is, sal die verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde vee in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel