Nog ‘n Boeing-model vir foute ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie ondersoek sakeroof

VSA. – Die Amerikaanse federale lugvaartdministrasie (FAA) gaan ‘n ouer model Boeing-vliegtuig ondersoek wat dieselfde ontwerp vir deure as die Boeing 737 Max 9 gebruik.

‘n Deur het vroeër die maand tydens ‘n vlug op ‘n Boeing 737 Max 9 afgebreek. Die FAA het meer as 170 vliegtuie gehok terwyl hulle die oorsaak van die voorval ondersoek.

Hulle het gesê hulle gaan die 737-900ER ook ondersoek omdat dit dieselfde ontwerp deur as die Max 9 het. Dit is onbekend of die vliegtuie weer toegelaat sal word om te vlieg.

Bronne: BBC, The Irish Times, Moneyweb

Lees ook: Polisie ondersoek sakeroof