Kyk: Afgetrede polisiehond ontvang medalje vir dapperheid

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Buddy, ‘n opgeleide skaaphond (Border Collie) wat in diens van die polisie was om dwelmmiddels uit te snuffel, het Vrydag ‘n medalje vir dapperheid ontvang. Hy is die eerste van sy honderas wat dié medalje ontvang het.

Volgens HOT 102.7FM is Buddy gedurende 2021 tydens ‘n transitorooftog geskiet, waarna hy eers vir ses maande by Onderstepoort- veeartsenykundige hospitaal behandel is en daarna op welverdiende pensioen gegaan het. Die radiostasie het die geleentheid bygewoon en die dag in ‘n spesiale video met luisteraars gedeel.

AO Bennie Weise, Buddy se hanteerder, het aan die radiostasie vertel Buddy was aan die polisie geskenk, waarna hy drie maande se opleiding om dwelms op te spoor, ontvang het. Tydens sy loopbaan van drie jaar het hy meer as R100 miljoen se dwelmmiddels uitgesnuffel.

Buddy was gelukkig om in die huis van sy hanteerder as deel van die gesin opgeneem te word.

Die radiostasie het Buddy met lekkernye en ‘n trui met hulle logo bederf.

Oorspronklike berig: HOT 102.7FM en Good Things Guy

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel