Hospitaal soek geregtigheid vir rinkhals

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG, GAUTENG. – Twee mans het na bewering onlangs ’n rinkhalswyfie in ’n Johannesburgse bewaringsgebied gevang.

Sy is na bewering geslaan en in ’n emmer gevang. Daarna het die verdagtes probeer om haar te verkoop.

’n Besorgde inwoner het egter die Johannesburgse wildveeartseny-hospitaal in kennis gestel dat die verdagtes beplan het om die slang by ’n pandjieswinkel te verkoop.

Die twee verdagtes is deur die Johannesburg-SAPD se K9-eenheid geïdentifiseer en die slang in die hospitaal se sorg geplaas.

Na ’n volledige evaluasie is daar gevind dat sy gedehidreer en uitgeput was. Sy het veelvuldige beserings gehad en het ’n gaatjie in die long opgedoen.

’n Saak van die onwettige vang, aanhou, beskadiging en verkoop van wild is teen die verdagtes geopen.

Bronne: Johanneburg Wildlife Vetenary Hospital, Facebook