Daar word nie verniet gesê dat ’n hond ’n man se beste vriend is nie. Wetenskaplike navorsing bevestig dat ’n goeie verhouding met jou hond noodsaaklik vir jou gesondheid is.
Hier is ses voordele van jou hondevriend se plek in jou lewe:
- Hulle maak jou meer aktief. Julle stap en speel saam in die buitelug, wat ’n positiewe effek op jou geestesgesondheid het.
- Jy sal nooit werklik “alleen” hoef te voel nie. Honde bly ’n getroue teenwoordigheid in jou huis. Dink maar aan die inperkingstydperk en hoe hulle jou geselskap gehou het.
- Jou stresvlakke daal natuurlik wanneer jy ’n hond vryf of druk. Boonop is dit gratis.
- Navorsing toon dat om ‘n hond te hê tot verbeterde slaap en spysvertering lei.
- Honde forseer jou liggaam om ’n sterk immuunstelsel op te bou. Jy sal dus nie so vinnig siek raak nie.
- Om ‘n hond te hê, gee sin aan jou lewe. Jy moet vir hulle sorg, dus gee dit jou ’n rede om soggens op te staan.
Sommige werksplekke het hond-vriendelike areas. Dit is bevind dit verbeter oor die algemeen die moraal van die werkers en laat daal die angsvlakke.
Besin egter mooi voordat jy sommer net impulsief ’n hond aanskaf. Daar moet genoeg tyd en aandag opsy gesit word vir jou dierevriend sodat sy stresvlakke ook laag bly.
Bronne: Axios, VeryWell Mind, Greater good



