Menslike oorskot in vlak graf ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beurtkrag wissel tussen fase 2 en fase 3

MMAMETLHAKE. – Menslike oorskot is Maandag in ’n vlak graf in Mmametlhake ontdek.

Volgens die polisie het ’n ouer man (64) die oorskot ontdek toe hy besig was om op die erf te werk.

Die oorsaak van dood, identiteit en geslag van die liggaam is onbekend.

Enigiemand wat ’n geliefde vermis, word aangemoedig om die Mmametlhake-polisie te skakel. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Beurtkrag wissel tussen fase 2 en fase 3