Vyf uit een familie vermoedelik vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Eskom kondig daaglikse breke in beurtkrag aan

PIETERMARITZBURG. – Vyf familielede is gister dood in ’n huis in Mgodini, Pietermaritzburg gekry.

Hulle is vermoedelik Dinsdagaand vermoor. ’n Familielid het gister op die liggame afgekom toe die familielid daar wou gaan kuier en hulle nie per foon in die hande kon kry nie.

Die liggame van ’n vrou (85), haar dogter (45) en kleinkinders, ‘n tweeling (11) en 9, is op die vloer aangetref.

Hulle het kopbeserings gehad. ’n Bebloede byl is op die moordtoneel gevind. Die rede vir die moorde is onbekend; die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Eskom kondig daaglikse breke in beurtkrag aan