‘Inbraak by polisiekantore’

Deel hierdie storie / Share this story

Inligting aan Reaction Unit South Africa is glo deur polisielede van Verulam-polisiestasie verskaf.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Inbraak is na bewering Woensdagoggend by die Verulam-polisiestasie en meer spesifiek die kantore van die sektorbestuurders, korporatiewe kommuniekasiedienste en voorsieningskettingbestuurder ontdek.

Reaction Unit South Africa sê toegang was na bewering geforseer en verskeie waardevolle items is glo gesteel.

Volgens Rusa is daar gedurende Julie 2023 ‘n gemerkte polisievoertuig helder oordag van dieselfde polisiekantoor gesteel. Dit is glo later sonder ‘n radio en noodwiel in Court-laan in die Verulam-sakesentrum aangetref.

Rusa sê voorts ‘n gekaapte bakkie wat glo in 2023 deur Rusa-reaksiebeamptes in Mhlanisi teruggevind is, is ‘n week later van Verulam-polisiestasie gesteel.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel