Lees ook: Broer kom op suster se liggaam in plas bloed af
WELKOM. – Die liggaam van ’n Lesotho-burger (35) is Sondag 14 September 2023 deur ’n skaapwagter gekry.
Die man, identifiseer as Motsamai Paulos Mathabela, is op ’n ou skougrond in Long Road gekry. Sy hande was vasgemaak en hy het ’n skietwond aan die linkerkant van sy kop gehad.
Die rede vir sy moord is onbekend en die polisie is steeds op soek na verdagtes. Enigiemand met inligting word aangemoedig om die Welkom-polisie te kontak.
Bronne: SAPD



