BRAKPAN, GAUTENG. – Die Brakpan-SAPD vra die gemeenskap se hulp om ’n man wie se liggaam op 12 Januarie op ’n straathoek op Brakpan gevind is, uit te ken.
Die oorledene is gevind waar hy na bewering onder ’n kombers buite ’n winkel op die hoek van Stasieweg en Kingswaylaan gelê het.
Enigiemand wat inligting het of wat ’n familielid of vriend vermis, kan AO Warren Kennedy by 011 744 7100 kontak.
Bronne: SAPD, Twitter



