Man vra verskoning oor video van aanranding wat op sosiale media versprei

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing – kru taal en geweld in video.


NAMIBIë. – Op 6 Januarie is ‘n video-opname deur Rainier Arangies op sosiale media gedeel. In die video kan gesien word hoe ‘n man ‘n vrou wat op die grond lê, aanrand.

Die video-opname en plasing is reeds meer as 1 600 keer gedeel en het amper 800 kommentare uitgelok.

Ben Brockman van Tsumeb, wat glo in die video-opname verskyn, het op 12 Januarie sy verskoning op sosiale media aangebied:

Na aanleiding van die video wat wyd en syd op sosiale media veral Facebook gedeel is wil ek net graag my kant van die saak stel.

Ek wil graag begin deur te noem dat ek geen simpatie verwag of verdien deur die brief te publiseer, maar voel ek is ‘n verskonig verskuldig aan almal wat ek hier onder gaan noem en die res van die publiek wat die nare episode moes aanskou op sosiale media. Ek dra volle verantwoordelikheid vir my aksies en is geensins trots op myself nie.

Graag wil ek uit my hart uit omverskoning vra aan elkeen wat geraak is deur die video asook my optrede teenoor Tanja Hayward. Haar ouers, kinders en verdere familie, my en haar vriende, my werkgewer en my kollegas. Ek besef die gewig van die saak en hoe uiters teleurstellend, en in alle opsigte so verbitterlik verkeerd.

Dit is duidelik dat daar ‘n onderliggende probleem lê by my en daarom het ek om hulp gaan vra, want geen, maar geen vrou verdien hierdie soort behandeling, ongeag wat die omstandighede is nie. Tanja is ‘n pragtige mens en dit maak my siek om te dink hoe ek haar as vrou hanteer het.

Ek neem volle verantwoordelikheid vir my optrede, want onder normale omstandighede sou ek nooit ooit my hande vir haar gelig het nie. Dit is nie hoe ek groot gemaak is nie, ek ken myself nie so nie, dit is nie wie ek is en my vorige verhoudings kan daarvan getuig. Die mense wat my ken sal kan getuig dat ek nie ‘n aggresiewe mens is van aard nie en dat ek ten alle koste konflik vermy.

Laastens, wil ek ook net aan my ouers en familielede omverskoning vra vir die skande en teleurstelling, en vir die ongemaklike posisie waarin ek julle, my geliefdes moes deursit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel