Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort
MAHIKENG. – Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag in die Molopo-landdroshof in Mahikeng voort.
Setshwantsho word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling na sy in November in hegtenis geneem is vir die moord op haar niggie.
Tydens haar hofverskyning Vrydag het die staat aangevoer sy is ’n vlugrisiko. Haar verdediging het gesê daar is geen bewyse dat sy sal vlug nie en sy moet weens haar gesondheid vrygelaat word. Setshwantsho ly aan hoë cholesterol en tipe 2-diabetes.
Sy word ondersoek vir die moord van haar seun en die dood van haar man, dogters en broer. Setshwantsho het lewensversekeringspolisse uitgeneem op die lewens van minstens 40 van haar familielede.
Bronne: SABC, The Citizen, OFM
Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort



