NASIONAAL. – ‘n Video-opname van ‘n polisiesersant wat gesien word waar hy ‘n sak graan agter in ‘n staatsvoertuig sit, word op sosiale media vesprei.
Brig. Athlenda Mathe sê die gebruik van ‘n staatsvoertuig vir privaat doeleindes deur ‘n polisiebeampte wat aan diens is, word ondersoek. Mathe sê die polisiebeampte het die sak graan van ‘n privaat persoon gekoop.
In die video-opname kan gesien word hoe die polisiebeampte die sak voor die persoon wat die video-opname maak verbystap en dit agter in ‘n polisievangwa sit.
Die video het volgens Mathe reeds viraal geword.
Mathe sê voorlopige ondersoek dui aan die polisiebeampte in die video is ‘n sersant, verbonde aan Durban-hawe.
“The SAPS views such action in a serious light and assures members of the public that resources such as state vehicle’s are there to ensure optimal running and functioning of the service and to service our communities.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



