Sakeman van Witbank ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Mahesh Sing, ‘n sakeman van Witbank, is gisteroggend vanaf sy sakeperseel in Corridor Hill ontvoer.

Volgens kol. Donald Mdhluli het ‘n familielid van Sing gesê Sing het Dinsdagogoggend ‘n oproep van ‘n persoon ontvang wat gesê het hy is ‘n munisipale tegnikus van Emalahleni-munisipaliteit. Daar was glo ‘n elektriese fout by sy besigheid. Sing is Woensdagoggend na ‘n afspraak met die sogenaamde tegnikus by sy besigheid.

Verdere inligting wat bekom is, sê ‘n gryskleurige Ford Kuga met drie vermeende verdagtes het omstreeks 08:20 by die besigheid opgedaag. Die registrasieplate van die bakkie was glo gekloon en die twee gewapende verdagtes wat uit die voertuig geklim het, met balaklawas vermom.

Sing is na bewering in die voertuig ingedwing en daar is met hom in die rigting van Kriel gery. Sy eie voertuig is agtergelaat. Sy selfoon is gevind waar dit glo langs die pad uitgegooi is.

Enigiemand wat weet waar Sing hom bevind, kan speur.sers. Master Matel by 072 025 1395 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel