Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Suid-Afrika kla Israel aan van ‘volksmoord’ in Gaza

DEN HAAG. – Suid-Afrika se saak waarin die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) dringend gevra word om op te tree teen Israel oor “volksmoord” in Gaza gepleeg, begin vandag in Den Haag.

Suid-Afrika het Israel aangekla van die volksmoord van Palestynse burgers en het gevra die hof moet Israel beveel om alle militêre operasies in Gaza op te skort.

Die Internasionale Geregshof sal slegs ‘n mening gee oor die aantyging van volksmoord, aangesien die saak nie ‘n misdaadverhoor is nie.

Israel het die aantyding afegemaak as “ongegrond”. Suid-Afrika sal vandag sy saak stel en Israel sal môre hulle verdediging lewer.

Die hof kan vinnig besluit oor Suid-Afrika se versoek oor die militêre aktiwiteite, maar ‘n finale besluit oor die kwessie van volksmoord al dan nie, kan jare neem.

https://webtv.un.org/en

Bronne: BBC, The Guardian, Sky News

Lees ook: Suid-Afrika kla Israel aan van ‘volksmoord’ in Gaza