NOORDWES. – Die Koster-polisie vra die gemeenskap se hulp met die uitken van ’n liggaam van ’n onbekende blanke man tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar oud.
Die liggaam is op Saterdag 30 Desember 2023 in ’n sloot langs die R30 (Rustenburg/Ventersdorp) tussen Oakland en die Raakvat-plase gevind.
Hy was kaalvoet en beide sy hande en voete was met kabels vasgebind. Verder was sy mond en neus met plastiek bedek. Die oorledene het ’n wit T-hemp en blou kortbroek aangehad.
Enigiemand met inligting kan speursersant Olebogeng Morolodi by 076 510 9112 kontak. Inligting kan via die SAPD se misdaadsvoorkomingsnommer, 08600 10111 gekommunikeer word.
Bronne: SAPD, Twitter



