GAUTENG. – Inwoners van die suidweste van Centurion het sedert Maandagaand oor ‘n beweerde slegte reuk wat oor die gebied hang, gekla.
Alhoewel die reuk volgens berigte nie Woensdag so erg was nie, het inwoners steeds gekla dat hulle van die reuk bewus bly. Hulle het op sosiale media oor duiseligheid, hoofpyne en jeukerige oë gekla.
Rekord berig dat Lindi Botha, ’n inwoner, vertel het dat sy dit tot kon proe. Sy kon glo Maandag nie water drink nie omdat die smaak van gas in haar mond te erg was.
Inwoners het die reuk as soortgelyk aan gas, olie, sulfaat en brandende bande beskryf. Volgens Marika Kruger-Muller, wyksraadslid van Centurion, het Tswhane-munisipaliteit geen onreëlmatighede by van die maatskappye wat vir die slegte reuk beskuldig word, gevind nie.
Volgens die wêreldlugkwaliteitIndeks wat aanlyn besigtig kan word, is Olienhoutbosch se lugkwaliteit Woensdagmiddag as ongesond bestempel, terwyl die lugkwaliteit in Rosslyn as gevaarlik geklassifiseer is.
FiND iT het ’n navraag rakende die lugkwaliteitlesings en slegte reuk aan Tshwane-munisipaliteit gestuur.
Bronne: waqi.info, The Citizen, Rekord



