Sinead O’Connor oorlede aan natuurlike oorsake

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sinead O’Connor glo deur ‘gewelddadige agtervolger’ geteister dae voor haar dood

LONDEN. – Die oorsaak vir die sterfte van die sangeres Sinead O’Connor is gister aangekondig. O’Connor is verlede jaar op die ouderdom van 56 oorlede aan “natuurlike oorsake”.

Sy is dood in haar woning in Suid-Londen gevind, waarna ’n nadoodse ondersoek uitgevoer is.

Haar agent het gesê sy was voor haar dood besig om ’n nuwe album klaar te maak en het beplan aan ’n toer en film baseer op haar outobiografie, Rememberings.

Bronne: DW- South Africa, BBC, Rolling Stone UK

Lees ook: Sinead O’Connor glo deur ‘gewelddadige agtervolger’ geteister dae voor haar dood