Lees ook: Nuwe Covid-variant steek in verskeie lande kop uit
Gevalle van die nuwe JN.1 Covid-variant, ‘n subvariant van die Omicron-stam, is nou in Suid-Afrika aangemeld. Dié variant is tans verantwoordelik vir die meerderheid van die Covid-gevalle in die VSA en Europa.
Die wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê die JN.1-variant versprei vinnig en het dit as ’n belangrike variant geklassifiseer. Volgens die WGO is JN.1 se risiko vir die publiek steeds baie laag,
Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes het gesê daar is geen rede tot paniek nie.
Tot dusver is 11 gevalle van JN.1 in die Wes-Kaap aangemeld en een in Gauteng.
Bronne: Daily Maverick, All Africa, Scientific American
Lees ook: Nuwe Covid-variant steek in verskeie lande kop uit



