Lees ook: Aandeelhouers stem om Steinhoff te ontbind
Die sangeres, Sinead O’Connor, is glo dae voor haar dood deur ‘n agtervolger geteister.
Die sangeres (56) het na Londen getrek vanaf Ierland om ‘n “nuwe lewe” te begin toe sy Woensdag dood aangetref is.
Iemand wat glo na aan haar was, het aan The Sun vertel Sinead was glo ongemaklik, want iemand het heeltyd vir haar geskenke gestuur. Twee weke voor haar dood het Sinead ‘n plasing op Twitter gemaak oor ‘n “geweldaddige vroulike agtervolger” en dae later het sy ook gesê “‘n versteurde man” doen homself voor as sy op Twitter.
Die polisie het Donderdag bevestig dat Sinead se dood nie as verdag hanteer word nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word, maar uitslae sal eers oor ‘n paar weke bekend gemaak word.
Bronne: IOL, NZ Herald, Irish Mirror



