Vrou 74 keer geslaan in Iran na sy weier om hijab te dra

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte

Iran. – ’n Vrou is verlede Woensdag 74 keer geslaan na sy geweier het om ’n hijab as hoofbedekking te dra.

Roya Heshmati (23) is in April vir 11 dae deur die polisie in haar huis aangehou na sy geweier het om ’n hijab te dra. Haar selfoon en skootrekenaar is in daardie tyd weggeneem.

Heshmati is aanvanklik tot 13 jaar en nege maande tronkstraf, ’n boete van 112 500 000 rials en 148 houe gevonnis. Die vonnis is later na 12 500 000 rials en 74 houe verminder.

Heshmati het haar storie op Instagram gedeel, wat woede ontlok het met verskeie openbare figure wat Iran oor hulle “wreedheid” kritiseer.

Heshmati het later gesê sy gaan haar Facebook- en Instagram-rekeninge verwyder om kontroversie te vermy en sy is nie ’n “openbare figuur” nie.

Bronne: Euronews, Mail Online, The Mirror

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte