LIMPOPO. – ‘n Verdagte wat glo gisteroggend ‘n televisie uit ‘n huis in Makurung-woonbuurt gesteel het, is glo deur gemeenskapslede wat die reg in eie hande geneem het, doodgemaak.
Volgens kol. Malesela Ledwaba het drie verdagtes, twee mans en ‘n vrou, omstreeks 03:30 die huis van ‘n man (48) binnegegaan met die bedoeling om te steel.
Die huiseienaar het glo van voetstappe in sy huis wakker geword en ondersoek ingestel. Hy het na bewering gesien hoe die drie verdagtes ‘n plasma-TV uit die huis dra en het om hulp geskree.
Lede van die gemeenskap het dadelik reageer en kon een van die beweerde verdagtes aankeer, terwyl die ander twee daarin geslaag het om te vlug. Die verdagte is aangerand en het op die toneel aan sy beserings geserf.
Ledwaba sê die polisie het die oorledene met erge beserings dood in die straat aangetref. Hy was vermoedelik in sy 40’s.
‘n Moordsaak word deur die polisie ondersoek. ‘n Soektog is na die onbekende verdagtes geloods.
“We reiterate our call to community members to resist the temptation of taking the law into their own hands, but rather report any suspicious criminal element to the police,” sê lt.genl. Thembi Hadebe, wat die neem van reg in eie hande veroordeel het.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Michael Magadani, by 072 029 7499 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



