Vanderbijlpark-SAPD soek getuies na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark-SAPD vra die gemeenskap se hulp om getuies van ’n ongeluk te vind. Die ongeluk het in September 2023 by die R57 en R42-kruising plaasgevind.

AO Sabelo Sigcu, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het op Vrydag 8 September 2023 om 21:00 tussen ’n swart Geely en ’n metaalkleur Chery Tiggo 4 Pro plaasgevind.

Volgens hom het ’n man (22) en meisie (17) in die ongeluk gesterf. Die insittendes van die Chery-voertuig het oorleef.

Enigiemand wat die ongeluk gesien het of inligting daaroor het, word gevra om na vore te kom. Sers. Phake kan by 066 569 1305 gekontak word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Bronne: 90,6 FM, SAPD, Facebook