Opvolg: AK47 gevind, vier verdagtes vir vier moorde in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Altesaam vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat vier persone in Soshanguve, noord van Pretoria, op Nuwejaar doodgeskiet is. Een van die oorledenes was ‘n tienermeisie van 14.

Brig. Athlenda Mathe sê na die Jukulyn-skietery is ‘n AK47-aanvalsgeweer met meer as 100 rondtes ammunisie in ‘n huis in die area gevind. Waar aanvanklik twee verdagtes die Woensdag na die voorval in hegtenis geneem is, is daar nou vier in hegtenis.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

GAUTENG. – Twee verdagtes is Woensdagoggend in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery in Shoshanguve, noord van Pretoria, waarin vier persone, onder wie ‘n tienermeise (14), hul lewens verloor het. Die twee, onderskeidelik 30 en 33 jaar oud, sal vandag op aanklag van moord in die hof verskyn.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi het die skietvoorval op 1 Januarie by Block P in Soshanguve gebeur.

Nevhuhulwi sê polisielede het op ‘n klagte van ‘n skietvoorval gereageer en vier mense met skietwonde in ‘n straat aangetref. ‘n Tienermeisie (14) was een van die oorledenes.

Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel