THABONG, VRYSTAAT. – ’n Dogtertjie van een en twintig maande oud is deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy op 6 Januarie 2024 na bewering by ’n winkelsentrum in Thabong ontvoer is.
’n Ondersoek is deur die SAPD en die eenheid vir geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe begin.
Videomateriaal van binne die winkelsentrum het gewys hoe ’n man die dogtertjie vat, in ’n sedan laai en met haar wegry.
Ondersoekbeamptes het tradisionele genesers in die Thabong-omgewing se byeenkomste begin bywoon en sodoende inligting ingesamel. Volgens hierdie inligting was die dogtertjie in Uitbreiding 15, Hanipark, Bronville.
Sy is op 7 Januarie 2024 veilig gevind en met haar familie herenig. ’n Tradisionele geneser (45) is vir haar beweerde ontvoering in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD, Twitter



