KAAPSTAD. – Pro-Palestynse graffiti is op die gewilde Leeukop aangebring.
Vrywilligers het Donderdagoggend vroeg planne beraam om die graffiti te gaan verwyder. Die stad Kaapstad se graffiti-verwyderingspan het hulle egter voorgespring en is na die toneel om die graffiti uit te wis.
’n Gemeenskapslid het gewaarsku dat die tipe optrede teen omgewingswette indruis.
Foto’s op sosiale media wys graffiti wat met spuitverf in die kleure van die Palestyne vlag op die bakens en rotse aangebring is. “Free Gaza” is ook groot op ’n rots gespuit. Bron: Facebook – Friends of Table Mountain



