Jeffrey Epstein – bekendes se name op lys

Deel hierdie storie / Share this story

VSA. – Veertig hofdokumente wat verband hou met die saak van die ontslape seksoortreder Jeffrey Epstein, is bekend gemaak. Verskeie bekendes, onder andere die Amerikaanse oud-presidente Donald Trump en Bill Clinton, se name is in die dokumente vervat.

Die hofdokumente spruit uit ’n regsgeding wat teen Ghislaine Maxwell deur Virginia Giuffre, een van Esptein se slagoffers, gebring is. Alhoewel die saak reeds in 2017 afgehandel is, mag die name nou eers bekendgemaak word.

Daar is beklemtoon dat nie alle individue se name wat bekendgemaak word, by van die misdrywe betrokke was nie. Sommiges was medewerkers, getuies en selfs kontakte op Epstein se e-poslys.

Van die name wat genoem is, sluit bekendes in soos Cameron Diaz, Cate Blanchett, Leonardo DiCaprio en Michael Jackson. Al Gore, prins Andrew, Kevin Spacey en Oprah Winfrey se name kom ook in die hofdokumente voor.

Bronne: CNN, Daily Mail, Independent