Vrou wreed vermoor – polisie vra man se hulp om moordsaak op te los

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Busisiwe Precious Mkhabela (39) se liggaam is op 2 Januarie met verskeie steekwonde in haar bolyf, op Secunda gevind. Die polisie is oortuig Velly Vincent Mcunu kan van groot hulp met die moordondersoek wees.

Volgens Brig. Selvy Mohlala is die oorledene omstreeks 16:30 met steekwonde by haar huis se hek aangetref. Paramedici het haar dood verklaar. Mkhabela het volgens aanduiding haar huis met ‘n man en haar niggie gedeel. Die niggie was glo nie tydens die voorval tuis nie, maar het na bewering kort na die voorval tuisgekom. Die man het sedert die moord nog nie weer by die huis opgedaag nie.

Mcunu is volgens die polisie van belang vir die ondersoek en kan moontlik in of om die Secunda-area wees.

Hy word deur die polisie versoek om na die naaste polisiestasie te gaan. Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan lt.kol. Abraham Skhosana by 082 456 2352 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel