ADELAIDE, AUSTRALIË. – Die Australiese Olimpiese baanfietsryer, Melissa Hoskins (32,) is Saterdag oorlede nadat sy voor haar gesin se huis “deur ’n voertuig getref is”. Suid-Australiese polisie het bevestig die bestuurder was aan haar bekend.
Hoskins het ernstige beserings opgedoen en is na die Royal Adelaide-hospitaal vir mediese behandeling geneem. Sy het egter deur die nag aan haar beserings beswyk.
Plaaslike mediahuise het kort na haar dood bekend gemaak dat haar man, Rohan Hoskins (33), in hegtenis geneem is en aangekla word vir roekelose bestuur wat tot haar dood gelei het.
Hulle is in 2018 getroud nadat sy in 2017 amptelik uit professionele fietsry getree het. Twee kinders is uit die huwelik gebore.
Volgens berigte het Melissa na bewering op hulle voertuig se enjinkap gespring en na die deurhandvatsel gegryp voordat die voertuig weggetrek het. Sy het gevolglik op die grond geval en is met die voertuig saamgesleep.
Rohan Dennis was ook ’n professionele fietsryer wat aan onder andere aan die Tour de France deelgeneem het. Borgtog is aan hom toegestaan. Hy verskyn weer op 13 Maart in die hof.
Bronne: CNN, ABC, Daily Mail



