Cholera-uitbraak in Zimbabwe maak Suid-Afrika bekommerd

Deel hierdie storie / Share this story

ZIMBABWE. – Zimbabwe het ’n noodtoestand afgekondig na laasjaar se ongeveer 250 cholera-verwante sterftes. Dit volg na die aantal cholera-infeksies oor die feestyd skerp gestyg het.

Suid-Afrika se departement van gesondheid is bekommerd oor die moontlike verspreiding van die siekte oor die Suid-Afrikaanse grens omdat baie Zimbabwiërs ná die feestyd na hulle huise en werk in Suid-Afrika terugkeer.

Foster Mohale, woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, sê hulle het siftingstoetse by die grens opgeskerp.

Zimbabwe se regering het ’n maand gelede begin om openbare saamtrekke en verkope te beperk. Die siekte het na al tien van die land se provinsies versprei.

Bronne: ENCA, Reuters