Rudi Claase, die bekende SA-sanger en liedjieskrywer, het Sondag ‘n sosialemediaplasing gemaak waarin hy sê hy kon na nege weke in die hospitaal vir die eerste keer opstaan.
“Julle!!!! PRYS DIE HERE. Ek kon vandag opstaan!!! Eerste keer uit bed in 9 weke!!!”
Claase het vir ‘n lang ruk met sy gesondheid gesukkel en gereeld openlik daaroor gepraat.
Suzette Claase het Rudi se aanhangers tydens haar man se hospitalisasie deurentyd op hoogte van sy mediese vordering gehou. Op 22 Desember, na hy reeds sewe weke in ‘n intensiewesorgeenheid deurgebring het, het sy gesê alhoewel hy swak is, hulle kon kummunikeer. Hy was toé nog op minimum suurstof en was aan dreinerinspype gekoppel. Sy het egter gesê hy moet nog vir ‘n paar weke in die hospitaal aansterk.
Sy was hoopvol hy sou binnekort met hulp kon opstaan, wat hy dan uiteindelik Sondag op die Oujaar kon doen.
FiND iT het middel-Desember soos volg berig:
Rudi Claase, SA-sanger en liedjieskrywer, wat steeds in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal is, is na 24 dae van ‘n ventilator gespeen.
Suzette Claase, Rudi se vrou, sê in ‘n sosialemediaplasing die sanger is tans nog swak en kan weens pype in sy keel nog nie praat of eet nie. Sy dokter is egter baie tevrede met die vordering wat hy maak.
“It is a bit emotional to see him so weak but we know we are now finally on the last stretch to recovery.”
Sy sê voorts wanneer die dreineringspype verwyder word, sal hy uit die intensiewesorgeenheid geskuif word. Hy sal vir nog ‘n paar weke in die hospitaal wees, totdat hy sterk genoeg is om huis toe te gaan.
Claase beskryf dié jaar wat Rudi 10 keer in die teater was as lank, maar sê ook hy is nou van kop tot tone “oorgedoen.” Claase het sy volgelinge deur die jaar oor sy gesondheid op sosiale media op hoogte gehou.
Die oorsaak van Claase se lae immuunsisteem is gediagnoseer en Suzette sien uit na 2024 vir ‘n gelukkige en gesonde jaar.
Sy sluit die plasing af met dank vir al die ondersteuning en sê sy sal opvolgplasings maak as daar veranderinge is.
Bron: Suzette Claase en Rudi Claase Facebook-blad.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



