MPUMALANGA. – Lalicia Magumbu (4 maande) word sedert Donderdag omstreeks 09:00 gesoek. Die Kriel-polisie vra hulp om haar op te spoor en met haar familie in Thubelihle buite Kriel te herenig.
Volgens brig. Selvy Mohlala het twee vroue wat hulself as versorgers voorgee die baba se ma by haar huis buite Kriel genader en belowe om kos vir die baba te skenk.
Na bewering sou hulle, voordat hulle die kos skenk, eers die baba vir immunisasie na die kliniek neem. Sedertdien is die baba nog nie teruggebring nie.
Sy was in ‘n pienk groeipakkie babygrow geklee.
Enigiemand wat weet waar die baba is, word versoek om die Kriel-polisiestasie by 082 789 0723 te bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



