Pasiënt by dokterspreekkamer gesteek en beroof

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Manlike pasiënt (37) wat ‘n spreekbeurt in ‘n dokterspreekkamer in Trenance Park afgewag het, is Woensdagmiddag deur twee onbekende verdagtes gesteek en beroof.

In die video-opname kan gesien word hoe die slagoffer eerste opdaag. Kort daarna het die twee beweerde verdagtes opgedaag, oënskynlik vir mediese hulp. Die twee het messe te voorskyn gebring en waardevolle items geëis.

Die slagoffer het homself probeer verdedig, maar is herhaaldelik in die rug, linkerarm en bors gesteek. Hy het onder meer ook ‘n longbesering opgedoen. Een van die messteekwonde was naby sy hart.

Die twee verdagtes het te voet met sy selfoon in ‘n digte bos ingevlug terwyl die dokter agter hulle aan is.

Die beseerde is gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Enigiemand wat die aanvallers herken, word versoek om Reaction Unit South Africa se hoofkantoor by 086 123 4333 te bel.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel