KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (40) is beseer nadat hy Woensdag ‘n voertuig, sonder ‘n bestuurder, wat skielik in Akasiastraat in Trenancepark teen ‘n afdraande beweeg het, probeer keer het.
Die man het volgens Reaction Unit South Africa langs sy motorvoertuig, ‘n silwerkleurige Renault Scenic, gestaan toe dit teen ‘n afdraande begin af ry. Daar was niemand in die motorvoertuig nie. Die man, wat ‘n paar meter saamgesleep was, is tussen ‘n lae muur en die voertuig vasgekeer.
Met aankoms van reaksiebeamptes en paramedici het hy langs sy voertuig gesit. ‘n Buurman het noodhulp toegepas.
Sy linkerbeen het ‘n sny opgedoen. Hy is op die toneel behandel en het verdere mediese intervensie van die hand gewys.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



