Man en ‘n vrou saam in Mbombela doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die liggame van Shaun Pretorius en Ilonka Craucamp is Kersaand omstreeks 21:00 saam in Laserstraat, in Mbombela (Nelspruit) in ‘n huis gevind waar hulle doodgeskiet is.

Brig. Selvy Mohlala sê die polisie het ‘n klagte ontvang van twee persone wat doodgeskiet is.

Met aankoms by die toneel was Hi-Tech Nelspruit, ‘n sekuriteitsmaatskappy, teenwoordig en het die oorledenes aan die polisie uitgewys.

Mohlala sê alle rolspelers, wat AO Mhlongo van PKRS (Plaaslike Kriminele Rekordsentrum) insluit, is na die toneel ontbied.

Paramedici van die nooddiens ER24 het die oorledenes op die toneel dood verklaar.

Volgens Mohlala blyk dit nie asof enigiets van die huis gevat is nie en ‘n 9 mm-pistool in ‘n vuurwapenholster met sestien lewendige rondtes was steeds bo-op die kopstuk in die huis.

Die ondersoek na die dubbelmoord duur voort.

Volgens die Citizen is Hi-Tech Nelspruit op versoek van ‘n familielid na die adres en is die oorledenes op die vloer in die leefkamer gevind. Craucamp is een keer in die kop geskiet en Pretorius het verskeie skiewonde gehad. ‘n Deur van die huis was nie gesluit nie.

Bronne: SAPD en Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel